top of page

Blog

  • Writer's pictureAnnali Swiegers

An-fold... met Astrologie!

Ek het grootgeword in ‘n tyd wat jou talente bitter belangrik was en hoog aangeskryf was. Dit was meesal geskoei op die intellek en sport. Kuns was altyd op ‘n manier met groot bewondering aangekyk maar nie eintlik iets wat jou kan ryk maak nie. En ja... geld was die uitkoms van goeie aanwending van talente en harde werk.

Die pakket het my gepootjie. Ek het nie lekker ingepas in enige van die voorgeskrewe boksies nie. Goed gewees met alles maar nie noodwendig uitstaande nie. Maar dit was nie die lollery nie, die lollery het in my diep gesetelde soeke gelê, die soeke na; “wat is my doel op hierdie aarde, hoekom blaas niks my skirt vir lank nie?”

Dit het ‘n rukkie geneem om by daardie antwoord uit te kom. ‘n Laaang rukkie!

Ek het oral gesoek, wyd gelees, wyer as wat meeste se bang hulle toelaat om te lees. Soms mysigSelwers bang gelees, opgehou en later weer verder gelees.

En op 47 het ‘n goeie vriend geseg ek moet sy Astroloog gaan besoek en uitvind wat gebeur nou verder. Dit het hy geseg, siende dat ek tydens my besoek aan Indië, ‘n seker wete gehad het, dat klere en lappe nou nie meer my skirt opwaai nie. Eers na ‘n paar asemhalings en dae se wroeg het ek die afspraak gemaak wat my lewe verander het.

Sy is ‘n interessante gewone vrou, een met ‘n graad en gerekende intellek. ‘n Gesin en ‘n huis in een van die belangrike stede in die land. Sonder kristalbal en wierook.

En sy het heel aan die begin van die sessie geseg... “Annali, jys ‘n gebore Astroloog, nee dis meer as dit, jy kan Astrologie juffrou wees!”

En hier is ek nou. 11 jaar later en ek is dit en dat en nog annerlike goete ook.

Lang storie het ek nou verkoop. Die essence daarvan is dat ek vandag weet Astrologie is ‘n tool wat ongelooflike waarde byvoeg in die soeke na jousigSelwers.

Nie die soort van ‘n lang donker man kom op die horison aan nie. Dis sommer strooi. Die sielsoort, dis die soort wat ek my hart op verloor het.

Daardie waarhede van my Maan sit in Gemini in die 7e huis. Dis hoekom ek ‘n maat nodig het, nie graag alleen die lewe wil inloop nie. Die maat moet met my gesels en ek het nodig om te weet wat aangaan anders is ek angstig.

My maat se Maan is in Sagittarius en sy hol weg as sy ontstig raak, klim in haar eige binneste in en praat niks. As ek dit nie verstaan het nie, het ek haar elke keer gekarring tot sy ‘n pyl skiet in my hart in. Nou weet ek, die perd kom altyd terug stal toe, jy moet netnie die deur toemaak nie. Dan skop hy hom af!

Jou natal kaart, jou astrologiese “blueprint”, is soos ‘n foto wat van die planete se posisies geneem is toe jy gebore is. Dit dra al die informasie van jou persoonlikheid, uniek soos jou vingerafdruk. Dis net so eenvoudig soos dit.

Alles is energie, ons ook. Energieë beinvloed mekaar, dis wetenskaplike feite.

En ek kan die taal van Astrologie verstaan en praat. Ek kan vir jou, jou storie vertel en jy kan byvoeg.

My passie is om mense te help om hulle dharma te kry, of in ons boeretaal, jou doel op aarde te verstaan en die lekkerte te beleef om vervuld te leef. Dis moontlik en eintlik maklik.

Dis bietjie soos om die tool te hê om die perd uit die rots uit te haal, jy kap net weg wat nie perd is nie. Dink dit was da Vinci wat so slim geseg het.

Ek kan jou help om die perd te kry! Dis die lekkerste lekker as ek met iemand werk en vir hom sy storie, storie en ek sien hoe daar ‘n Lig opgaan vir hom. Woorde soos: “Nou verstaan ek, ek wens ek het dit lankal geweet!! Of.. ek het altyd gedog daar is iets met my verkeerd, wat ‘n verligting!!”

Dis wat my skirt bo-oor my kop waai soos oorlede Marilyn sinne nooit gewaai het nie!

Ek hou nog van lap en kleremaak, maar dis nou my eie lekkerte vir my en my liefMense. Nie meer die ding wat die brood op die tafel sit nie. Nou word ek betaal vir wie ek is, nie meer vir wat ek doen nie!

4 views0 comments

Recent Posts

See All

An-fold, Moeder tot smoedering...!

12 Jaar gelede het ek vir die eerste keer met astrologie en die magic daarvan te doene gekry. Soos ek altyd seg... nie die soort van die lang donker man op die horison nie, die soort van aha! Nou vers

Dapper-vroue-dag...!

Vroue is dit... dapper, hulle storm in waar engele benoud wonder of dit oukei is om te doekvoet! En ons weet dit van ons sigSelwers en die ander wonder vroueSiele om ons! Dankie tog dat daar ‘n dag is

bottom of page