top of page

Blog

  • Writer's pictureAnnali Swiegers

An-fold, Moeder tot smoedering...!

12 Jaar gelede het ek vir die eerste keer met astrologie en die magic daarvan te doene gekry. Soos ek altyd seg... nie die soort van die lang donker man op die horison nie, die soort van aha! Nou verstaan ek uiteindelik; en nou maak dit sin dat ek...

Vandag is ek ‘n gekwalifiseerde Astroloog, 3 jaar se formele studie onder die leer-belt en ‘n paar jaar se navors, leef en praktiseer later.

Daar is in my opinie niks belangriker as om uit te vind hoekom mens op hierdie planeet is nie. En astrologie het die vermoë om minstens dit vir jou te help uitvind.

Ek gaan probeer om dikwels ‘n paar voorbeelde te storie van rerige kaarte en rerige mense se lewens. Ek sal voor staan en eerste van myne vertel!

My mars is in Cancer in die 9e huis; hy is ook die ‘ruler’ van my kaart, m.a.w. dis die planeet wat my verteenwoordig op my natal/blueprint kaart.

En dis hoe hierdie uitgespeel het in my lewe tot nou;

Ek het my siek, weduwee mamma versorg van ek 10 jaar oud was.

Ek het pop gespeel soos geen ander dogtertjie nie. Elke pop het saam in my bed geslaap, ek het as dogtertjie al wakker gelê van bang dat die poppe nie lekker of warm slaap nie!

Almal wat ‘n nood gehad het, het ek probeer help om dit vir hulle beter te maak op een of ander manier. Ek sal julle die drama en die details spaar van die kronkel, doringpad!

Onlangs het ‘n skoolmaat gesê dat ek nooit gevoel het soos ‘n kind nie, ek was altyd ouer en meer volwasse as my maats. Ek kan regtig nie sê, dat ek weet hoe dit voel om ‘n kind te wees nie, ek het wel my hele lewe die wete hoe dit voel om versorg te wil wees en dit vir ander te wil gee. Hence, dit doen vir iedere siel wat lyk of hulle dit nodig had.

Dis Mars in Cancer! Hulle moeder almal tot smoederings toe en doen dit nie vir hulleself nie! Tot hulle ouer is en al die merke van smoedering het om te wys.

Ek het myself opgebruik in die soektog na mysigSelwer... die eindelose gemoederte wat ek toegepas het op almal wat wou en nie wou nie, was ‘n soektog na My.... ek is dankbaar om te sê dat ek mySelf gekry het! Dat ek nou mysigSelwers heerlik smoeder en uiteindelik heel voel. Die gesmoederdes in my lewe is dankbaar dat ek nie meer so klewerig om hulle dans nie.

Ek het die 9e huis se betekenis bygevoeg by my swak Mars en weet nou hoe lyk my gesonde prentjie. My dharma is om mense te leer van liefde, hetsy deur spiritualiteit, astrologie of te skryf en dit daar buite iewers neer te sit vir wie ookal wil lees.

Ek hoop om een of ander tyd met klein groepies te werk en meer te vertel van astrologie as tool om te An-fold en jousigSelwer te kry.

Laat weet as jy belangstel en ek gee meer info!

20 views0 comments

Recent Posts

See All

Dapper-vroue-dag...!

Vroue is dit... dapper, hulle storm in waar engele benoud wonder of dit oukei is om te doekvoet! En ons weet dit van ons sigSelwers en die ander wonder vroueSiele om ons! Dankie tog dat daar ‘n dag is

Kletterkop se doepa...!

Dalk is dit die antwoord vir die gedruis en onrus van mens se lewe. As mens ‘n doepa kan kry vir die kletterkop? Lank terug het ek ‘n wonderboek gelees deur Yogananda Pramahansa en ek het baie daaruit

bottom of page