top of page

Blog

  • Writer's pictureAnnali Swiegers

Dapper-vroue-dag...!

Vroue is dit... dapper, hulle storm in waar engele benoud wonder of dit oukei is om te doekvoet! En ons weet dit van ons sigSelwers en die ander wonder vroueSiele om ons! Dankie tog dat daar ‘n dag is wat ons mag vreugde dansies uitvoer oor dit! Mekaar aanmoedig en bewonder, dalk ‘n oomblik neem om jousigSelwer ook vrolik te bewonder!

Iedere vrou is uniek, daar is inderdaad net 1 van jou!

Die heel beste, dapperste ding wat mens kan bestorm, is om uit te vind wie is jy nou eigenlik? En hoe kan jy daardie unieke diepste jy celebrate. Vreesloos en sonder om toestemming te vra vir enigiemand. Te wag dat alles eers gedaan is, gepaai is en perfek is voor jy....

Want... daar is ‘n rede hoekom ons rondborstig en met oortuiging die dans van ons Siele moet dans. Ons het mos ‘n unieke werk kom doen, en as mens jou kleiner maak as wat jy rerig-erig is, dan gan jou werk kleiner wees as wat jy rerig-erig is!

Kyk binne-toe liefste Vroue wat lees, en vat jou krag raak, breek los en wees die volle jy! Daardie een wat jou Siel laat skaterlag en jou gesig laat blink van pret! Doen dit! En kyk hoe die vensters van die hemel oopvlieg dat die engele kan saamlag!


p.s.

An-fold with me! Should you want to know what your blueprint says about your unique path, contact me and we can find your dharma!

13 views0 comments

Recent Posts

See All

An-fold, Moeder tot smoedering...!

12 Jaar gelede het ek vir die eerste keer met astrologie en die magic daarvan te doene gekry. Soos ek altyd seg... nie die soort van die lang donker man op die horison nie, die soort van aha! Nou vers

Kletterkop se doepa...!

Dalk is dit die antwoord vir die gedruis en onrus van mens se lewe. As mens ‘n doepa kan kry vir die kletterkop? Lank terug het ek ‘n wonderboek gelees deur Yogananda Pramahansa en ek het baie daaruit

bottom of page