top of page

Blog

  • Writer's pictureAnnali Swiegers

Kletterkop se doepa...!

Dalk is dit die antwoord vir die gedruis en onrus van mens se lewe. As mens ‘n doepa kan kry vir die kletterkop?

Lank terug het ek ‘n wonderboek gelees deur Yogananda Pramahansa en ek het baie daaruit geleer.

Ook van Christenwees, dink dit was die ding wat my laat besef het dat die waarheid oral gestrooi lê, anders as wat óns miskien mag glo.

Dié yogi het gepraat van die ‘Christ mind’, my gefasineer, want ek dog Christus is eksklusief en uitsluitend... Loop lees ek dit raak in ‘n volksvreemde boek.

En so het ek toe my pad begin loop met die wonder-ing oor die betekenis van die ‘Christ mind’.

Die groot Boek seg mos ons moet soek en dan sal ons vind, toe maak ek so. Toe kom ek op die amazing fonds af; as mens jou kop kan kry om soos Jesus se dinkery te wees, dan is die lewe nogal nie so aardig nie.

En dit bring ons terug by liefde, by vrede, by non-judgement, by goeie goete. By Korinthiërs 13 en al die liefdes ‘verduidelings’.

Die groot Boek praat ook oor die feit dat ons skep met ons woorde. Voor woorde moet daar dinkery plaasvind. Wat op aarde dink mens heeltyd en wat op aarde skep mens dan met daai dinkery? As mens dan mooi versigtig begin omgaan met jou kop se kletter en dink, dan sien jy dat jy dalk jou eie moeilikheidmaker is. Dit seg ek op grond van die groot Boek se woorde; dis nie wat by jou ingaan wat jou onrein maak nie, dis wat by jou uitgaan.

En so kom ons by die mond wat oorloop waarvan die hart vol is. Daar steek die klein vuurtjie in die mond die groot vuur aan, dis ook die groot Boek se woorde. Gun wonder in dieselle Boek staat dat ons, ons gedagtes moet vernuwe nie. Die manne wat somme maak en slimdinge verkoop, seg ons dink iets soos 60 000 gedagtes per dag. En min van daai dink, is nuut elke dag, ons dink oor en oor dieselle strooilike negatiewe goed. Dis nogal ‘n gekletter en ‘n geween van koplike dinge.

Hoe sou dit nou werk om die gedagtes te vernuwe?

Dalk deur te sit en jou kop te leer om te sharrap en niks te dink nie, ‘n spasie te maak vir vrede en stilte. ‘n Slag die ore na binne te draai en twee maal soveel te luister as te praat. Dink die volksvreemdes noem dié soort stilte, meditasie.

Dalk moet ons die slegdink uitsit en met sagte goed vervang. Ons weerhou daarvan om te meet en te pyn. Net weet, almal doen hulle beste met die insig en tools wat hulle het. Nie so besorgd te wees oor annerman se optrede en nalate nie.

Miskien ‘n gawe gedagte oor iemand te dink en vir hom ‘n bondel liefde te dink-stuur. Overgesegd synde; bid vir iemand.

Mog jy jou kletterkop stil-doepa ingee, vir hom leisels aangesit kry en in die stilte en vrede wat alle verstand te bowe gaan, rustig sit en kyk hoe goed die Lewe vir jou is!

Liefde!

5 views0 comments

Recent Posts

See All

An-fold, Moeder tot smoedering...!

12 Jaar gelede het ek vir die eerste keer met astrologie en die magic daarvan te doene gekry. Soos ek altyd seg... nie die soort van die lang donker man op die horison nie, die soort van aha! Nou vers

Dapper-vroue-dag...!

Vroue is dit... dapper, hulle storm in waar engele benoud wonder of dit oukei is om te doekvoet! En ons weet dit van ons sigSelwers en die ander wonder vroueSiele om ons! Dankie tog dat daar ‘n dag is

bottom of page