Daar was ‘n tyd, lank terug, waar ek my duwwels vertel het omdat ek nodig gehad het dat mense moet sê hoe jammer hulle is dat ek so baie duwwels in my pad het. Dit het dikwels tot annerlike steeksel oomblikke gelei. Ek moes leer algaande, dat dit nie noodwendig help om jou dorings in die openbaar uit te haal nie. Met die tyd saam en tydsamig het ek op my pad binnetoe begin roep en gevoel hoe my innerlike krag versterk het met die duwwelpad wat ek gekies het in my lewe. Ek het geleer dat elke duwwel ‘n blom het, dat die plant van die duwwel, doeksag is en dat dit ‘n saad dra.
Mens moet hom anners bekyk, hy het ‘n skerp saadjie, maar dis net ‘n deel van hom, wat bring hy voort? Dis die belangrike deel van die pad.
Daar is diere wat die duwwelplant eet met smaak en wonderlike voeding daaruit kry.
So... ek het lus om met julle my duwwels se blomme te begin deel, die vrugte van die duwwels. Dis nou as julle wil hoor?