top of page

Blog

  • Writer's pictureAnnali Swiegers

Slotte....!

Updated: Mar 3, 2018

Ek het ‘n mooie huis vol kamers...een van die belangrikste deure het ‘n slot aan, daar woon geheime binne...bangmakerige geheime! Dis die kamer wat al die ander donker maak want hy sit in die hart van die huis. Ek soek al my hele lewe vir die sleutel van daardie slot, maar hy bly soek. Als is al geprobeer...ek het al die deur rooi en pers en geel geverf, ek het ‘n kas voor die deur geskuif...ek het al soveel moeite gedoen om te leef of die kamer nie bestaan nie, maar die kamer wil nie ophou bangmaak nie! Ek het al gaatjies geboor in die deur en kan deurloer maar dit is nog steeds nie oop nie. En soms is dit meer bangmakerig om deur ‘n gaatjie te loer en net van die skadus raak te sien as om die deur maar oop te kry en die Lig daardeur te laat stroom!

Die liefvrou met die interessante skoene luister en bekyk my struggle met die toe deur en bangmakerige kamer vol skadus en die groot ou slot sonder sleutel. Sy beluister my gespook met die skrik vir die bangmakerige skadus. En op ‘n mooi dag sê sy: ‘Ek ken ‘n dokterVrou met ‘n kamer vol sleutels, sy maak slotte oop!’ Sy koop vir my ‘n kaartjie vir die journey na die Vrou en ek val in die pad!

Die sleuteldokter druk my teen haar hart vas...sy's klein, sy's powerful, sy's weird, sy ooze liefde, sy sê goed wat my laat stilskrik, binnetoe kyk en sien en besef!

Sy pak haar sleutels uit...grotes, kleintjies, blinkes en geroestes, oues en nuwes! Ek haal my ou geroeste slot uit...sy toets en toets! En daar spring die slot wragtag oop...die slot met die deur wat lei na die bangmakerige kamer wat die hele huis hostage hou!

Sy haal die slot af...maak die deur oop, sit die Lig aan, ek kan my oë nie glo nie...! Vat sê sy...dis jou sleutel! Dis my eie kamer, dis my eie briewe wat ek geskryf het wat op die kas vol stof lê, ek het net vergeet! Die Lig val op al die spinnerakke en die onthou stap terug in my kop! Ek hang die sleutel om my nek, hy lê koel teen my hart! En ek vat ‘n besem en ‘n mop, ‘n stoffer en windolene en poets al die skadu en stof weg! Die Lig stroom terug, die uitsig deur die blink venster is mooi, vol hoop en liefde! En ek is vry...want ek verstaan en dis my sleutel van my slot!



8 views0 comments

Recent Posts

See All

An-fold, Moeder tot smoedering...!

12 Jaar gelede het ek vir die eerste keer met astrologie en die magic daarvan te doene gekry. Soos ek altyd seg... nie die soort van die lang donker man op die horison nie, die soort van aha! Nou vers

Dapper-vroue-dag...!

Vroue is dit... dapper, hulle storm in waar engele benoud wonder of dit oukei is om te doekvoet! En ons weet dit van ons sigSelwers en die ander wonder vroueSiele om ons! Dankie tog dat daar ‘n dag is

bottom of page