top of page

Blog

  • Writer's pictureAnnali Swiegers

So is dit... (An-Kletter)

Updated: Apr 9, 2018

En dis hoe dit is. As mens daar kan begin en dit aankyk asof jy dit gekies het, dan is dit joune, joune om te celebrate of te verander. Ook om te judge... sou jy dit wou doen. Dit sou jou nie veel in die sak bring nie. Om iets te judge, is om dit swaarder te maak vir jouself. Tensy jy daaruit wou leer natuurlik. Maar dis ‘n vinnige kyk en evalueer en hopelik aanbeweeg. Ons kan kies hou gou ons wil leer. Daar is ook die langdradige, dermtrekkerige, ellende soort van leer. Die probleem is, ons word nie van vroeg af geleer dat ons, ons eie lewe veroorsaak nie. Ons word geleer dis God wat ons aandoen! Meer nog, ons word gestraf, of ons word deur die meul gesit om te sien hoe getrou ons is. En op grond van daardie glo, ly ons. En die armsalige wat langs jou loop, ly saam. Ek was dankiebly toe ek uitvind ek is in beheer van die ellende. Ek is ook die oorsaak van my bedinksels, kreasies en lydsels. Daar kon ek verantwoordelikheid neem vir hoe ek die lewe bedink. Vir ‘n kort rukkie my klere skeur, as op my grys bolla strooi oor hoe dit is, toe opstaan en vars begin. Dis ‘n vrolike tightrope! Soms is ek in beheer en dink ek dat ek kan vlieg. Dan weer val ek terug in my ou idees, begin ek weer negatief glo en dink. Wonder ek wie ek kan skuldgee vir my lyding. Wonder ek hoe op aarde kan so ‘n goeie mens soos ek so ‘n las dra. Wanneer die ongeluk en depressie weer in my roknate begin nesmaak, onthou ek van my aandeel. Dan skud ek hulle af. Raak ek ontslae van die sade wat ek nie wil sien opkom nie. En dan is ek weer Lig en lekker. Dis soos plant. Jy gooi tog immers net in die grond wat jy wil oes. Hoekom sal dit anders wees met wat jy in jou hart en kop het? Ons skep ons eie realiteit. Maar dit vat binnetoe kyk om te sien hoe lyk jou kop se sade. Jy moet wagstaan by die deur van jou brein en mond om te sien hoe jy saai. En kyk na die onkruide wat reeds opgekom het, vra hulle, hoe het dit gebeur. Hulle sal antwoord!

3 views0 comments

Recent Posts

See All

An-fold, Moeder tot smoedering...!

12 Jaar gelede het ek vir die eerste keer met astrologie en die magic daarvan te doene gekry. Soos ek altyd seg... nie die soort van die lang donker man op die horison nie, die soort van aha! Nou vers

Dapper-vroue-dag...!

Vroue is dit... dapper, hulle storm in waar engele benoud wonder of dit oukei is om te doekvoet! En ons weet dit van ons sigSelwers en die ander wonder vroueSiele om ons! Dankie tog dat daar ‘n dag is

bottom of page