top of page

Blog

  • Writer's pictureAnnali Swiegers

Werfbouery....!

Ek bou ‘n werf, dis amper soos tuin uitlê, net heeltemal anders, maar tog presies dieselfde. Die plantjies en klippies en grawe en spitte en dinge lê oral. Ek val oor dit, soek vir dat en algaande word ek wys. Party plantjies verlep in die proses en nuwe sade word nader gehark om te saai.

Dank Vader, daar is ‘n vrolike, malkop, perskop Siel wat saamloop. Sy plant tussenin en maak my nog deurmekaarder, net om skielik onverwags ‘n helder oomblik te maak met haar vrolike pers Lig.

Die Virgo bring kort-kort haar skietlood en meet en pas, gooi die kruiwa om en dan moet ek my kop se kas weer van vooraf regpak. Met nuwe insig en wete vorentoe spit. Tussendeur al die werfwerk sing my pienk hart, volborstig saam. Ek het lanklaas so lekker gespeel/werk.

Die groot werf-Bouer is voorwaar ‘n slimme man. Dis nou maande en seisoene wat ek loop en wroeg oor die tuin en die werf. Lang gesprekke voer ek met die liefmense in my lewe en steeds kom ek nie vorentoe met die oes nie. Onlangs daal daar ‘n helder oomblik op my kop se kas en seg ekke; ek wil ‘n webwerf hê! Met dié uitspraak skrik ek binne-in mysigselwers in.

Ja seg die Virgo, dis ‘n gawe plan, doen dit dadelik, kondig sy sonder banghaar aan. Ek het eers heelwat later weer uitgekruip en toe begin wonder hoe, waar en wie. Maar die wie, was maklik, dis mos die perskop Siel wat moet saam skoffel en plant aan die werf. Wie anders sal die geduld en insig hê om diep te grou, weer te bou en nogmaals te saai? So gesê en so gedaan. Ek stuur die posduif na Fransland in die sneeu, die brief in sy bek vra of sy sal help bou aan my mooie prentjie en werf. Jaaa! seg die mooie perskop Siel, ek sal verseker help, ek hou van plant en saai!

En hier is ons, die werf lyk alte vrolik en ek is vol blydanse! My kop se kas is reggepak, ek weet nou beter hoe die tuin moet werk.

En nou is my werf geplant, die saadjies begin al kop uitsteek en ek nooi jou vriendelik om te kom dans op die stepping stones in my tuin!


3 views0 comments

Recent Posts

See All

An-fold, Moeder tot smoedering...!

12 Jaar gelede het ek vir die eerste keer met astrologie en die magic daarvan te doene gekry. Soos ek altyd seg... nie die soort van die lang donker man op die horison nie, die soort van aha! Nou vers

Dapper-vroue-dag...!

Vroue is dit... dapper, hulle storm in waar engele benoud wonder of dit oukei is om te doekvoet! En ons weet dit van ons sigSelwers en die ander wonder vroueSiele om ons! Dankie tog dat daar ‘n dag is

bottom of page